Oops! Sorry!!


This site doesn't support Internet Explorer. Please use a modern browser like Chrome, Firefox or Edge.

Groei jou besigheid met die regte sisteem – ons wys jou hoe.

Outomatiese e-posse, ‘n eenbladsy-webwerf, en ‘n ledeplatform – alles opgestel vir jou, sonder tegniese kopseer.

Is jy 'n coach of klein besigheidseienaar wat moeg is om alles self te probeer uitfigure?

Ons help jou met:

✅ 'n E-pos stelsel wat outomaties boodskappe uitstuur en jou help om meer betaalde kliënte te kry.
✅ 'n Eenbladsy-webwerf wat jou dienste duidelik en professioneel wys.
✅ 'n Membership platform waar jy maklik jou videos, dokumente en inhoud met jou lede kan deel.
✅ Registreer en opstel van jou eie domein naam – jy hoef nie self te sukkel nie.

Laat tegnologie vir jou werk, nie teen jou nie.
Met alreeds suksesvolle kliënte agter ons naam, is jy in goeie hande.

Next Level Success

Sal dit nie wonderlik wees as jy nie meer kliënte worries het nie.

  • 'n Werkende opt-in blad met 'n "Lead Magnet" wat vir jou werk.

  • 'n Email welkom sisteem wat daagliks eposse vir jou uitstuur.

  • 'n Eenvoudige maar kragtige kliënte funnel.

  • Vertroue in jou epos bemarking sisteem (geen meer YouTube rabbit holes!).

  • Wie is aan die helm van Next Level Success?

    Susan Leeuwner
    Susan Leeuwner

    Susan is al vir jare aktief besig met bemarking vir haar eie besighede en is baie suksesvol in wat sy doen. Sy het deur mentorskap haar inkomste op haar Kalahari Bowls besigheid verhoog in 18 Maande van R 250,000 tot R 1,200,000. Sy het ook in 3 maande 'n ander besigheid waar sy R18,000 per jaar verdien het opgestoot na R45,000 binne 'n paar maande. Susan ken van bemarking en skroom nie om te help waar sy kan nie.

    Hannes Jordaan

    Hannes Jordaan is al vir 30+ jare in die IT bedryf, en soos hy altyd sê, "IT is 'n baie wye veld, dus doen jy alles, van rekenaars opbou en herstel, netwerke, Graphic Design, Videografie en Video Editing, website design, programmering, ens, ens, ens. Daar is nie 'n einde nie." Hannes hou daarvan om mense te help om tegnologie te verstaan en te gebruik met die vinnigste maklikste en minste moeite vir goeie resultate.

    Die 4 Basiese komponente vir goeie bemarking.

    Hierdie 4 komponente stel jou in staat om jou besigheid te laat groei en 'n passiewe inkomste te genereer.

      Hoekom 'n Domein

      Jy benodig 'n domein naam vir jou mini-webwerf, jou epos stelsel en ook jou lidmaatskap stelsel. Sonder die domein naam is dit moeilik vir mense om jou te bejeën as 'n professionele besigheid.

      Hoekom 'n epos bemarking stelsel

      Jou epos stelsel is die hartklop van jou bemarking sisteem. Dit is nie jou tyd en aandag werd om elke dag een vir een eposse uit te stuur vir mense wat belangstel in jou besigheid nie. Gebruik 'n gratis epos stelsel en laat tegnologie vir jou werk.

      Hoekom 'n Mini-Webwerf

      Sodra jy 'n domein naam het en mense weet daarvan gaan hulle wil kom kyk na jou webwerf. Jy het net 'n mini-webwerf nodig om vir mense kortliks te kan verduidelik wie jy is, wat jy doen, en watse dienste jy aanbied.

      Hoekom 'n Lidmaatskap platform

      As 'n Coach of Besigheidseienaar is jou tyd belangrik. Deur 'n lidmaatskap platform te gebruik kan jy op nog maniere 'n inkomste genereer deur lidmaatskap opsies vir jou kliënte aan te bied deur bv. jou eie kursusse te skep, 'n plek te hê waar mense videos kan kyk, files kan aflaai, ebooks aflaai, ens.

    Ons het getuienisse.

    Laat ons kliënte eerder praat oor ons as wat ons self die beul blaas.

    Susan Leeuwner

    "Hannes het my gehelp met 'n epos sisteem en 'n lede platform wat my inkomste aansienlik verhoog het. Ek kan nie dink dat ek daarsonder klaar gekom het nie. Verby is die dae van een-vir-een emails uitstuur."
    - Susan Leeuwner -

    Liza Schoeman

    "Ons wag nog vir 'n Getuienis vanaf Liza, sy moet net 'n tydjie maak daarvoor.🙂"

    Jatha Peda Getuienis Video

    Susan Leeuwner Getuienis Video